Ontdek God se Lewe



Teks: Matteus 7:13-14

'“Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.” '



Die Christelike lewe is soos ’n reis waarin daar baie dinge is om te ontdek. Toe Jesus sy groep van twaalf manne geroep het om Hom te volg, het hulle letterlik op ’n ontdekkingsreis vertrek. Saam het hulle deur die land gereis, van hul Here geleer en God se waarheid aan almal wat wou luister verkondig. Jesus het die beeld van 'n reis gebruik om die Christen se lewe te illustreer. Hy het gesê dit is soos om weg te draai van die maklike, self-bevredigende lewensopsie; en in plaas daarvan te kies om die nou en steil pad te volg wat op God gefokus is. Jesus het hulle en ons verseker dat, waar ons ook al reis, God altyd daar sal wees. Hy belowe dat Hy ons nooit sal verlaat nie. Hy het Sy Gees gegee om ons deur die lewe, uitdagings en moeilikhede te help en ons te lei na ’n lewe by God.
 
God se doel, leer en boodskap vir ons is onveranderlik. Ons kom na Hom deur Jesus Christus, Sy Seun. Sy waarheid is altyd relevant om Sy kinders te help om Sy Woord, weg en wil te verstaan. God roep, lei en stuur ons doelbewus op reis deur ons lewe. Die einde van ons nou-pad is nooit in twyfel nie – Jesus het ’n plek vir ons in die hemel voorberei.
 
Geseënde week en vakansie. Mag jy jou Hom vind op jou weë en ontdek waarheen Sy pad jou lei.

Andrè







 
Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...