Ysterklippe en veldblomme



Teks:  Jakobus 1:2-4

My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.
 
Goeiemôre . . . ,
 
Jakobus 1 gebruik die beelde van ‘n ysterklip en veldblom om die lewe van mense te beskryf.
Die ryk mens is soos ‘n veldblom wat net voorspoed in hul lewe ken. Mense wil graag soos veldblomme wees omdat hulle graag deur ander mense aanvaar en bewonder wil word. Hulle wil jonk en mooi bly en deur voorspoed verveel word. Hulle wil altyd gesond bly en sonder moeite sukses in alles behaal. 

Die arm mens is alhoewel soos ‘n ysterklip. Woorde soos beproewing (1:2), toets (1:3), volharding (1:4) en sonder tekortkoming is dinge wat normaalweg met ysterklippe gebeur. Hoe meer dit geslaan word, hoe fyner word die oorblyfsels; hoe hoër die temperature waarin dit gesmelt word, hoe beter word die suiwerheid en kwaliteit. Eindelik word daar uit die ysterklip bruikbare vlekvrye staal vervaardig.
 
Die lewe se uitdagings en beproewinge maak ons lewens en geloof suiwerder en sterker. Siektes, probleme, finansiële bekommernisse, terugslae, ensovoorts is die uitdagings wat ons kan help fokus en prioritiseer. Dit leer ons baie keer om van ’n kort humeur, ’n haastige reaksie, of geen simpatie, ontslae te raak. Dit leer ons om met begrip lief te hê; om sagmoedig en barmhartig te wees.  

Dit is ‘n voortdurende en deurlopende proses waarin ons moet volhard om die goeie te doen. Ons moet aanhou bid. Ons moet voortdurend na geestelike rypheid streef. So sal die vrug van God se Gees meer en duideliker sigbaar word en wees.

                                                                    (gedeetelike erkenning Ds Paul Odendaal)

Gebed: 

Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.

Amen.
 

Andre










 
Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...