Kerstyd gebed
Hoe dikwels, Heer,
breek my ondeurdagte denke deur
en verskrompel ál wat fyn en teer en liefderik is.
Dit wat mooi moes wees, lê voor my:
swartgerypte blomblare,
gebreekte vlindervlerke.
Leer my om lief te hê, o Heer,
sodat kinderogies mag skitter van blydskap en sekerte
as hulle in my oë kyk.
O Heer, leer my om lief te hê,
sodat my blik en daad en houding
nooit die vrede en die vreugde
van ’n ander siel sal vernietig nie.
Ek begeer om só u liefde te weerkaats
dat daar nêrens ’n frons van twyfel
by verbygangers sal wees nie. Dus vra ek:
Here, maak troebel oë weer blink
en moeë reisigers weer hoopvol
as ek simpatiek by hulle vertoef.
Sodat deur my af-en-toe-se-kom-en-gaan
hul geloof weer vas en seker kan bly staan.
Willemien Appel (Uit: Die groot gebedeboek, Piet Naudé, 2014)
Geseënde advent.
Andre
Vorige Briewe
Immanuel | God self is aan die werk deur die Kersgebeure. Vanaf die eerste mense, sondes, beloftes en profesieë tot en met vandag raak Sy Woord en Gees mense aan.
More ...
| |
|
Die Gesalfde Christus en Messias | Daarom is Jesus die Christus. Jesus se lewe het vanaf Sy geboorte in die stal in Betlehem getuig van Sy verlossingswerk. Hy is die Een wat was, wat is en wat weer sal kom.
More ...
| |
|
Voor die geboorte van Jesus | In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.”
More ...
| |
|
| |
|