Wees voorbereid

  
Gisteraand het Prof Chris Whitty, die VK se mees senior mediese Dr, baie duidelik aangedui dat die pad na die nuwe normaal waarin ons onsself bevind vir nog ‘n geruime tyd gaan voortduur. Die kollektiewe voorbereiding, deurlopende toewyding, harde werk en huidige maatreëls het gehelp dat die VK nou in ‘n beter posisie (as ‘n paar terug) is. Elkeen van ons het ons deel gedoen deur te luister, voorteberei en te doen wat gevra was.

 Dit is ook wat ons geloof van ons vra. Elkeen van ons gaan elke dag, en veral ook in hierdie tyd, ‘n oomblik moet stilword saam God. Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê.

 Efesiërs vertel ons meer hiervan. Sondag gaan ons stilstaan by hoofstuk 2 en wil ek jou uitnooi om saam te kom luister, dink en leer wat God vir jou wil sê.

Ter voorbereiding heg ek graag ‘n video aan wat vir jou kortlik meer agtergrond en verduideling gee oor die die boek van Efesiërs.

 Lekker luister en sien jou Sondag by jou huis se Huiskerk!

André

 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...