'Affinering'
Teks: Maleagi 3:2-4, Psalm 66:10-12
Wanneer goud uit die aarde ontgin word, lyk dit nie soos goud wat ons in die juwelierswinkel vind nie. Dit is baie keer onherkenbaar vanweë die onsuiwerhede wat die ware prag verdoesel.
Die 'affinering' van metale, soos silwer en goud, is ‘n warm proses. Hitte word toegepas om die onsuiwerhede na die oppervlak te dryf. Soos die vuilheid na bo kom word dit verwyder. Die proses word herhaal tot die goud of silwer suiwer is. Die goudsmit weet die goud is suiwer wanneer hy sy eie refleksie daarin kan sien.
God se Woord sê dat Hy ‘n soortgelyke proses gebruik in ons lewens. Elkeen van ons sal eerste wees om te erken dat ons nie perfek is nie en gevul is met onsuiwerhede. So is ons lewens ook gevul met uitdagings, gebeure en besluite wat ons ongemaklik laat. God gebruik die hitte van ons lewensomstandighede as proses om ons lewens te suiwer. Dit is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie, maar ‘n herhalende proses tot God se beeld in ons duidelik word.
Geseënde week verder en sien jou Sondag by ons Erediens.
Andre
Vorige Briewe
Ysterklippe en veldblomme | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
Wysheid oor die grysheid | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
Wese van goeie dade | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
Wees voorbereid | Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê.
More ...
|
|
| |
|