Die Woorde as Waarheid


TEKS:  Johannes 17:1-17
 
Johannes Calvyn verduidelik (in sy eksegese van Johannes 17) dat God se Woord die Waarheid is, wat die Kerk en gelowiges skoon was en reinig. Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." Daarom moet Woord en Gees altyd saamgaan.
 
Dit is hierdie karakter van die Woord wat sigbaar moet wees in die lewe en werke van elkeen wat die Woord (en woorde) van God ontvang. Ons moet God se Woord en Waarheid ken en daarvolgens handel. Die Waarheid en woorde wat die Gees aan ons bekend maak in Jesus Christus, moet sigbaar wees in my en jou woorde en dade.
 
Mag die Woord van God, die woorde in ons en die oor ons lippe, die Waarheid word in ons lewens.

Andre
 
Gebed – verwerk uit woorde van Calvyn: 
 

Here,
Daar is nie een grashalm, geen kleur in hierdie wêreld wat nie bedoel is om ons bly te maak nie en te
getuig van U goedheid nie.

Wil U ons hoop vergroot wanneer dit klein is,

dit wakker te maak wanneer dit dormant is,

dit bevestig wanneer dit wankel,

dit versterk wanneer dit swak is,

en dit op te hef wanneer dit omvergewerp word.

Want aan U behoort en is alles.

Amen.









 
Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...