Ons emosies



Teks: Psalm 30:6
 
Waarlik, sy toorn duur net 'n oomblik, maar sy goedheid lewenslank.
Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer.

 
Emosies is nie verkeerd, sleg of boos nie. God het ons elkeen verskillend geskep en so ook ons vermoë om emosies te ervaar. Emosies is die erkenning en uitdrukking van dit wat in ons omgaan.

Om te lag is nie verkeerd nie, as om bly te wees aanvaarbaar is, moet daar ook ruimte wees vir hartseer. Om veilig te voel is kosbaar. Om onveilig en bedrieg te voel is legitiem en menslik. Om lief te hê is prysenswaardig. Om soms vervreemd te voel, is deel van ons menslike reis. Selfs vrees en woede wil iets kommunikeer en inhoud oordra. Emosies is boodskapdraers. Daarom is dit krities om te verstaan wat die bron van ons emosies is.

 
Die Bybel praat breedvoerig oor emosies en geloof. Dit beskryf die uiteenlopendheid van menslike ervarings in ‘n gebroke wêreld. Dit verduidelik hoe geloof ‘n beduidende impak het op ons emosionele lewens en hoe ons emosies binne ons geloof geleef moet word. Dit gee ook duidelike aanduiding van die gevolge wanneer ons uiting gee aan ons emosies weg van God af. Tog gee God se Woord aan ons hoop en perspektief dat Hy werklik verstaan en omgee oor elke emosie, met ‘n liefde wat ons soms sukkel om te verstaan en te omskryf.
 
Hoe voel jy vandag?  Wat is die bron van jou emosies?  Hoe wil God hê moet jy daarmee omgaan?
 
Here, U ken my en alles wat in my omgaan. Met elke glimlag en traan is U daar. Selfs op die beproefde pad lei U hand my. Help my om my emosies te waardeer en reg te hanteer.

(Gedeeltelike erkenning Jannie Pelser 22 Mei 2023 Maroela Media)

Tot U eer.
Amen.
 
Andre





 
Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...