'n Bybel vol emosies


 
Aan die begin van ‘n Nuwe Jaar is ons lewens gevul met emosie wat wissel van opgewondenheid tot vrees; liefde tot hartgebrokenheid. Die emosie binne ons, kan radikale impak hê op ons jaar en lewens. Emosie is deel van ons mens-wees, verhoudinge en geloof.
 
Jy hoef nie vêr in die Bybel te soek om talle voorbeelde te vind van mense se sterk emosies wat hulle lewens op sekere paaie, goed en sleg, gelei het nie. Met Adam en Eva het Eva se begeerte om soos God te wees, hul gelei om 'n keuse te maak. Daardie keuse het gelei tot sonde en hulle wegstuur uit Eden. Hierdie besluit is slegs deur Jesus se offer reggestel. Hulle seuns, Kain en Abel, het ook sterk emosies ervaar. Kain se jaloesie oor God se guns teenoor Abel se ware offer, het daartoe gelei dat Kain vir Abel in berekende woede vermoor het. Koning Dawid se lustige begeerte vir die pragtige Batseba, het veroorsaak dat nie net 'n onskuldige man gesterf het nie (Batseba se man) maar ook hul eerste kind. Dit was eers toe koning Dawid besef het hoe hy God mishaag het met sy selfsugtige optrede dat hy waarlik 'n man na God se hart begin word het.

Daar is ook verhale van sterk emosies wat gelei het tot lewensveranderende besluite ten goede. Mordegai se openbare vertoon van hartseer oor die lot van sy volk, en Ester se moed om vir die Koning van Haman se moorddadige komplot te vertel, is voorbeelde van die gebruik van sterk emosies soos passie en woede tot voordeel van ander en tot eer van God.  Jesus se woede is geopenbaar toe Hy die tafels by die tempel omgekeer het, om die mense te wys dat die tempel 'n plek van gebed was, en nie van geldmaak nie.

Seker die roerendste verhaal van hoe sterk emosies 'n persoon kan beïnvloed, kan gevind word in die verhaal van Saulus wat Paulus geword het. Hy het sy reis op die pad na Damaskus begin met ‘n haat vir Jesus en alle Christene. 'n Ontmoeting met die opgestane Verlosser op die pad het daardie haat na liefde verander en daartoe gelei dat Paulus een van die mees geliefde apostels in die Bybel was, asook vandag onder Christene.

                                                                                 (gedeeltelike erkenning Blair Parke)

 
Emosies is deel van my en jou lewensreis en verhouding met God. Die uitdaging is om dit tot eer van God aan te wend. Mag jy in 2024 God met oorgawe volg en dien, in elke emosie en situasie.

Voorspoed vir 2024!
Andre




 
Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...