Verwording in vrees


Teks: Matteus 1:19-20
 
Die vertelling van Jesus Christus se geboorte het mense deur die eeue aangegryp. Die betekenis en impak word oraloor erken. Tog het dit nie so versekerd begin nie.

Aan die begin van die verhaal is daar die moontlikheid van seerkry, verwarring, teleurstelling en skande. Josef en Maria leef in daardie plek tussen geloof en vrees, hoop en misverstand. Tog was God te midde daarvan aan die werk. Beide Josef en Maria het die wonder van God se boodskap gehoor en aanvaar, ten spyte van die ooglopende en verstaanbare isolasie wat hulle moes ervaar het.
 
Ons voel soms ook geïsoleerd en vol vrees vir die onbekende. Soms is ons vrese eg, soms misplaas, maar vrees en onsekerheid is deel van die menslike toestand. Tog sê die Bybel vir ons dat volmaakte liefde, vrees verdryf en sekerheid vestig. Die liefde van God kan ons lewens vul met die verwondering. Soms moet ons te midde van ons stryd, net luister, aanvaar, vasbyt en glo dat God dit sal laat uitwerk.
 
Gebed:
Here, ons bid vandag vir almal wat gevangenes is van vrees, onsekerheid en isolasie. Here, kom nader en bring U liefde. God, ons vra vir diegene wat in lande woon waar hul situasie enige oomblik kan vererger. Diegene met geen beheer oor wat met hulle gebeur nie. Maak U teenwoordigheid bekend en vul elkeen met die verwondering van U verlossing.
In Jesus se naam, Amen.

 
Geseënde Advent.
Andre



 
Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...