In pas oppad na Betlehem


Teks: Matteus 1-2 & Lukas 1:1-2:24

 
Ons lees in die Evangelies van Matteus en Lukas van verskillende mense wat op hulle eie pas oppad was na Betlehem. Die wyse manne het die stêr geduldig gevolg. Die skaapwagters het die boodskap van die Engele gehoor en dadelik na Betlehem gereis. Selfs Josef en Maria se pad na die stal, waar hul seun gebore sou word, was op hul eie unieke pas.
 
Tog weet ons, elkeen wat na die stal gegaan het om hulde aan die Kind te bring, was IN pas met God. Diegene wat hulle eie pas gevolg het, soos Herodus natuurlik, was te laat en het God se wonderwerk gemis.
 
Ons is oppad na 2023 se Kersfees. Ons Here Jesus Christus is as kind vir jou gebore. God se hemelkore roep jou op om na die stal te gaan om hulde te bring, IN pas met Hom. Ek wil jou uitnooi – kom loof, prys en dank Hom en aanvaar Sy vrede. Sien jou by die Kerssangdiens die 10de Desember.
 
Andrè



 
Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...