IN 'n Stabiele gesin

 


Teks: Efesiërs 2:19, 3:14-15; 1 Korintiërs 3:14-15 
 

Die terme "familie" of "huishouding" van God, wys heen op die verhouding wat daar in die kerk tussen die lidmate en God as Hoof bestaan.  As lede skakel ons IN en is ons deel van God se gelowige familie.  God se Vaderskap verskaf 'n riglyn vir die gemeente se gesinslewe, en so ook ons lewens.

Daar is groot aanmoediging – veral vir nie-Joodse bekeerlinge in die vroeë kerk – gevind in die feit dat almal gelyk gedeel het in die voorregte van God se huishouding, Jode en nie-Jode; slaaf en heer.  Die heiden was nie meer 'n buitestander of vreemdeling nie, maar was genooi om in te skakel en te deel in die genade, liefde en verlossing van God. 

Dit behoort ook vandag waar te wees van die kerk en ons gemeente, want God is steeds elke Christen gelowige se Vader. Sy liefde is steeds gevul met verlossing vir elkeen wat Hom aanvaar. Wêreldse en menslike hindernisse bederf die gesinslewe wat God wil hê die kerk moet hê. Mag ons elkeen inskakel by God en Sy gemeente gesin.
 

Geseënde week.
Andre



 
Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...