IN balans met die lewe



Teks: Prediker 3:10-22

“Work-life balance” is ‘n begrip waarmee ons almal bekend is.  Volgens Google vind die konsep sy oorsprong aan die einde van die Industriële Rewolusie toe mense se gesondheid en produktiwiteit drasties verswak het, vanweë oorwerking en uitputting. Vandag het werk-lewe-balans verskuif en uitgebrei om doeltreffende tydsbestuur vir werknemers in te sluit; asook die voorkoming van uitbranding en spanning. As mens wil ons, ons tyd gebruik om na onsself om te sien en tyd saam met ons gesinne te spandeer.
 
Genesis se Skeppingsverhaal leer ons dat God ‘n rusdag ingestel het, om die mens se lewe in balans te bring.  Eksodus verduidelik –  Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie (Eksodus 20:9-10). As gelowiges ervaar ons vrede by die Here; kry ons krag in God; vind ons hernuwing in die balans wat ons geloof en verlossing bring. Jesus is die Weg, die Waarheid en die Water wat ons in balans bring met die Lewe wat Hy aan ons gee.
(Johannes 4 en 14)
 
Die konsep om in balans te leef vind waarde in God. Mag jy in jou agt werksure God dien; in jou agt persoonlike ure God se liefde beleef; en in jou agt rus-ure God se krag ontvang. God bring ons lewens in balans.
 
Geseënde week.
Andrè



 
Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...