In Balans met Sy wil


Teks: Romeine 7 en 8

Die vakansie is ‘n geleentheid om te rus, te dink en te beplan. Dit is ‘n tyd wat ons vul met ‘n versigtige optimisme oor vandag en wat môre mag bring. So hoor ons mense sê: "Elke dag is 'n nuwe begin om te word wie jy wil wees". C.S Lewis slaan die spyker op die kop met sy eenvoudige, dog diepgaande beskrywing van 'n nuwe dag: “Relying on God has to begin all over again every day as if nothing has yet been done.”
 
Ons probeer ons bes om elke dag te beheer en bestuur. Ons besluit om 'n positiewe gesindheid te hê; om nie in die uitdagings vas te kyk nie; ons kies om herhaaldelik te vergewe; ons glimlag en tel onsself op, selfs wanneer ons net wil kla. Ons vul ons kalenders met planne, vriende en dinge, ten spyte van ons gejaagde lewens en werk.

Romeine praat baie oor gebroke menslike begeertes en ons onvermoë om dit sonder die hulp van God te oorkom. Ons moet dit erken. Wanneer ons nie vas is in ons wandel met die Here nie, is ons geneig om meer selfsugtig, negatief en eiegeregtig te leef.

Romeine 7:18 sê: Want ek weet dat niks goeds in my woon nie, dit wil sê in my vlees. Want ek het die begeerte om te doen wat reg is, maar nie die vermoë om dit uit te voer nie. Gelukkig word hierdie opgevolg met ‘n gedeelte van hoop: En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat volgens sy voorneme geroep is. (Romeine 8:28)

                                                                (gedeeltelike erkenning aan Aimee Rodgers)
 
Ons kan en moet op God vertrou. Hy sal ons daarin lei om ‘n balans in ons lewens te vind volgens Sy wil. Winston Churchill het gesê:  "Success is not final, failure is not fatal: It is the courage to continue that counts."
 
André
 
Gebed:

God, grant me the serenity to accept the things I cannot change, 

the courage to change the things I can, 

and the wisdom to know the difference. Amen.

 

 


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...