Waarheen gaan ons Gebede?


Teks:  Lukas 24:50-53; Handelinge 1:1-11
 
Vandag vier ons Jesus Christus se Hemelvaart. Hy het voor die oë van Sy dissipels opgevaar na die hemel. ‘n Wolk het Hom weggeneem en nou is Hy aan die regterhand van God, die Almagtige Vader. Die Engele by die Hemelvaart het aan almal wat na die hemel gestaar het gesê: Waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.
 
Wanneer ons bid, bid ons baie keer na “bo”...na die hemel. Ek vermoed dit is omdat ons glo – dit is waar Jesus is. Tog lê daar vir ons iets meer in die evangelie en die woorde van die engele wat vra: waarom staan julle so en kyk?  Dis byna asof die engele by Jesus se laaste opdrag aansluit deur indirek vir die dissipels te sê: Gaan doen en leef die werk waartoe Christus julle geroep en gestuur het. Dit word beaam deur die Heilige Gees wat hulle kom versterk het, vir die werk tot in die uithoeke van die wêreld.
 
Deur die krag van die Heilige Gees word ek en jy ook tot hierdie werk geroep – om God se liefde, genade en verlossing te leef en te verkondig. In Gebed word ons gerig, gelei en versterk om hierdie taak goed te doen. Ons bid tot God Drie-enig – Hy wat in die hemel en op die aarde is en regeer – om ons te help getuig tot Hy weer kom. Tot op daardie dag bid ons tot ons Verlosser waarin ons, ons saligheid vind.
 
Gebed: 

Neem my lewe, laat dit Heer, U gewy wees meer en meer.
Amen.
 

 


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...