Wat bid ons?


Teks: Matteus 6:9-13; Handelinge 1:14; Lukas 11:1-13
 
In Matteus 6:9-13 leer Jesus aan die dissipels hoe hulle moet bid. Jesus waarsku dat die dissipels nie soos skynheilige moet wees, of ‘n stortvloed van woord moet gebruik nie. Hulle moet eerder fokus daarop om ‘n intieme gesprek met God te hê. Jesus leer die dissipels bid en in watter gesindheid ons moet vra wanneer ons bid, asook wat ons verwagtinge moet wees wanneer ons vra.  Dan leer Hy hulle die Onse Vader gebed. 
 
Ons gebede moet, soos Jesus die dissipels geleer het, begin met lofprysing aan God. Ons gebede moet God se soewereiniteit en mag erken. Ons gebede moet ons dankbaarheid en afhanklik van die God se liefde en genade verwoord. Laastens moet ons met volharding en afwagting bid (Handelinge 1:14) en bereid wees om te wag vir God se antwoord.
 
Gebed:

Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.
Gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;
en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose
Aan U behoort die Koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.

Amen.

 


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...