In die Begin


Teks: Genesis 1: 1-13

 
In die begin staan die daad van God sentraal. Genesis 1 sê: die daad was dat God gespreek het. Hy het gesê en so het Hy geskep. Psalm 33:9 Hy het gepraat en dit was so, Hy het beveel en dit was daar.  God se instruksie het die aarde bewoonbaar gemaak. Toe Hy klaar geskep het, was daar lig en ruimte, water en grond, tyd en diere, kos en lewe.

Die mens kon tuis wees in die wêreld. Die mens het alles wat ons nodig het om te lewe. Vanaf die begin van die heelal, is die omgewing van die mens, die aarde, sy tuiste omdat God self daar was.
                                                       (gedagtes Prof JP Oberholzer)
 
In die begin het mense gedink dat Jesus vir hulle daardie tuiste sou kom herstel. Christus rig- ons verstaan en wys – dat ons tuiskom waar God is. Daarom gee Hy Sy Gees aan ons.

SA Gemeente is ons geestelike tuiste, waar jy welkom is en tuiskom In die middel van ons roeping staan God se stem en opdrag:

Wees lief vir mekaar. Vergeef ander soos Ek julle vergewe. Deel My Evangelie met elke huis en hart.
 
Geseënde week 
Andre
 

 


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...