KersWonder


Teks: Lukas 2:1-7

Die wonder van die komende Kersfees glinster regdeur die wêreld. Sitkamers, huise, strate en stede word opgemaak met kleure en liggies. Soms voel dit of al hierdie wonderlike tekens meer geword het as die werklike Wonder waarna ons uitsien.
 
Ds HT van der Linde skryf die volgende: Keiser Augustus het ‘n bevel uitgevaardig dat ‘n volkstelling in die hele ryk gehou moes word. Dit was deel van sy plan om een wêreldryk te skep, tot vergoding van die keiser. Daar was dus twee ryke werksaam: dié van die keiser en dié van God. Die Romeinse ryk van Augustus het uiteindelik ineengestort in bloed en rook en puin. Na hom was daar nog baie regeerders en agendas. Hulle het verrys, net om vir ewig vernietig te word. Maar die ryk van die Kindjie, Jesus Christus sal bestaan tot in ewigheid. Steeds vergader die Here se kerk, week na week, jaar in en jaar uit.
 
Die geskiedenis is in God se Hand. Die Wonder van Kersfees is in God se Hand. Deur alles wat ons sien en hoor, regeer God. Niks kan ons Koning se ryk laat glip nie. Kersfees bevestig dat die ryk van Jesus Christus die Here gekom het, selfs vandag 20 eeue later, en tot in ewigheid.
 
Geseënde Advent.
Andre


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...