Oppad af na Betlehem


Teks: Matteus 2:1

“Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom...Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was.”
 
Vanuit die wêreld se perspektief is “op” die enigste manier om te gaan...net soos 'n kompasnaald noord wys, wys die menslike naald op. In ons op-loop na die geboorte van ons Here, word ons herinner dat God se plan baie keer anders is.
 
Vir Jesus was die enigste weg op na verhoging, deur as kind en mens af na die aarde toe te kom. In 'n wêreld waar die meeste mense dink die enigste pad om te gaan is opwaarts, het Jesus 'n lewe van wonderlike afwaartse beweging gelei – van hemel, na aarde, na kruis, in graf, dood en hel...om eindelik op te vaar na die Vader.

As mens het Jesus God “af na ons gebring” sodat ons God kan leer ken...sodat ons op kan staan en Hom te kan volg tot in ewigheid.
 
Ek wil jou uitnooi om op te trek na ons Loughton Kerssangdiens, 11 Desember... om saam met die wyse manne af te reis na die stal van Betlehem om voor ons Koning en Here te kniel.
 
Andrè

andre@sagemeente.com



Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...