Harvest Festival
Teks: Matt 14:13-21
17 "Hulle sê toe vir Hom: “Ons het hier net vyf brode en twee visse.”
18 ”Bring dit vir My hier,” sê Hy."
Herfs, is sinoniem met Harvest. Kerke, skole, 'foodbanks', ouers en kinders dra sakke kos aan om aan ander te gee, as teken van hul “dankbaarheid” dat hul wil deel uit hul eie “oorvloed”.
In die Evangelies lees ons hoe Jesus 5000 mense gevoed het. Johannes 6 vertel ons dat ‘n seuntjie 5 brode en 2 vissies gehad het. Dit is na Jesus gebring. Hy het daarvoor 'gedank' en dit het die skare gevoed...In oorvloed.
As Christene het ons ook nie altyd baie nie. Genadiglik ken ons God – Hy is die Een wat versorg en voorsien; die Een wat lief het en vergeef; wat sterf en wat red. As kinders van God is “Harvest Festival” ‘n geleentheid om opnuut op Hom te vertrou, deur te bring en te gee wat ons het. Hy sal dit seën en ander daarmee voed.
Seënwense,
Andre
Vorige Briewe
Wysheid oor die grysheid | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
Wese van goeie dade | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
Wees voorbereid | Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê.
More ...
|
|
| |
|