Hemel en aarde


Ons almal ken die woorde: Laat U wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Maar wat beteken dit?  Hoe verduidelik jy dit aan ander?
 
Professor Stephan Joubert verduidelik dat wanneer ons bid, die hemel en aarde hande vat. Ons bid dat God se wêreld met ons wêreld sal sinchroniseer. Nou reeds. Nie “eendag” nie. Eendag is te laat. Ons bid dat die hemel vandag sal oorspoel aarde toe. Ons bid dat God se wil hier tussen ons sal gebeur, en dat Sy Koninkryk tussen ons sal groei.
 
Dis nou Jesus tyd. Ons leef in Anno Domini, die jaar van ons Heer. Ons is ingestel op Jesus se tyd. Ons sinchroniseer ons tyd met  Koninkrykstyd.

God se aardse koninkryk “gebeur” – verrassend, organies en onvoorspelbaar. Dis soos ’n skat wat jy opgrawe terwyl jy besig is om ’n saailand om te spit. Dié Koninkryk groei vanself. Dit begin klein, maar dit is onstuitbaar wanneer dit groei.
 
Die oes is groot, maar die arbeiders min. Mag ons altyd gereed wees om tot God se onverwagse beskikking te wees.
 
Andre

 



Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...