Om God se hart te vind

                                                   
Teks: Genesis 28:10-16
 
As God nie in tempels en geboue is nie, waar soek ons Hom? Waar kan ons Hom vind?
 
In Jakob se droom is daar Engele wat met ‘n leer op- en afklim. Dit is simbolies van die kontak tussen hemel en aarde. In die droom word hy verseker dat die Here hom nie in die steek sal laat nie. Jakob se droom word ‘n plek van ontmoeting tussen Jakob-die-bedrieër en God-die-getroue.
 
Ons hoef God nie vêr te gaan soek nie. Hy wys Sy hart vir ons op vreemde en spesiale plekke; soms waar ons dit nie verwag nie. God openbaar Hom aan Moses in ‘n brandende bos; aan Josef in slawerny; aan Jona in die vis; aan Maria deur ‘n boodskap. Hy openbaar Sy hart van liefde en vergifnis aan ons in ‘n krip en aan ‘n kruis.
 
Jesus leer ons dat God se hart plek maak vir die uitgeworpenes, die wese, die vergete en selfs sondaars. Jy sal Hom in jou krisisse, hartseer en vreugde vind. Jesus is Immanuel. Hy het Sy Gees gegee om jou te vul en te lei op God se weë.
 
Geseënde week.
Andre

 



Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...