In ons bloed.

  
Wanneer iemand soos sy voorvaders goed presteer, sê ons: 'Dit is in hulle bloed'. Daarmee bedoel ons dit is ‘n aangebore vernuf; iets wat oorgeërf is. So is daar hoë verwagtinge van die nasate om in die spore van die voorgeslagte te volg.
 
As mens het ons die sonde oorgeërf. Dit is in ons bloed. Dit in ons natuur om vir onsself te wil leef, eerder as vir God. Reg deur die Ou Testament lees ons van die volk se bloed-offers om hierdie skeiding te probeer regstel, sonder sukses, juis vanweë ons menslikheid.
 
Daarom tree God namens ons in. Deur Jesus Christus, Sy enig-gebore Seun, betaal God die skuld-eis met Sy sondelose bloed. Jesus het opgestaan uit die dood. Hebreërs 7:24 sê ons kan dit glo en vertrou, omdat Jesus vir ewig bly! Jesus se bloed was volmaak en voldoende om versoening te bring tussen God en ons as mens.
 
Ons is nou nasate van Christus. Dit is in ons bloed. Nou kan en moet ons in Sy spore volg.
 
Gebed:
Vader, dankie vir U genade. Jesus, dankie vir U bloed. Heilige Gees, sterk my om U voete te volg.
Amen.


Andrè
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...