Paasfees.

 
Teks: Markus 15:21-32
 
Tydens die gebeure van Jesus se kruisiging word ons diep teleurgestel deur die optrede van die dissipels. Hul afwesigheid in hulle Here se donkerste uur is opmerklik. Markus se beskrywing van die kruisweg van Jesus laat die vraag ontstaan of die dissipels die naam werd is.
 
Markus roep tot die Kerk uit: So moet dit nie met julle wees nie!  Anders as die dissipels behoort ons as kerk van Christus, elke geleentheid aan te gryp om ons liefde vir Jesus te bely en ons dank aan God te betuig. Dissipelskap verg selfverloëning, kruis opneem en -dra in die weë van ons Here.
 
Dit is nie uit ons eie vermoëns dat God ons verlos nie. Soos met die dissipels, is God Genadig – dit is deur Sy vergifnis dat ons as oorwinnaars vanaf Golgota kan wegstap.
 
Aanvaar Sy genade, deel in Sy verlossing en leef Sy liefde.

Geseënde Paasfees
Andrè
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...