Alles IN Niks.


In Paulus se brief aan Timoteus stuur hy hierdie uitnodiging:

Broers en susters: Kom saam met my in lyding vir die evangelie. Vertrou op die krag van God, wat ons gered het, en ons geroep het, met 'n heilige roeping.
 
Lyding, swaar en seer is deel van ons realiteit as Christene. Hoe maak ons hiermee? Hoe aanvaar ons Paulus se uitnodiging?
 
Die woorde van St. Francis de Sales gee aan ons meer insig:

Do not look forward in fear to the changes of life. Rather look to them with full hope that as they arise, God, whose very own you are, will lead you safely through all things. And when you cannot stand it, God will carry you in His arms.

Do not fear what may happen tomorrow. The same everlasting Father who cares for you today will take care of you today and every day. He will either shield you from suffering or will give you unfailing strength to bear it. Be at peace and put aside all anxious thoughts and imaginations.

 
Gebed: 

Liefdevolle God, ek bid dat U ons sal troos in ons lyding. Verleen genesing, vertroosting en versterking in ons swartste oomblik, tot U eer. Gee my soveel vertroue in die krag van U genade, dat ek al my vertroue in U kan stel, selfs as ek bang is; deur ons Verlosser Jesus Christus.

Amen.
 
Andrè
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...