Alles EN Niks.

Vandag is ons in Lydenstyd. In Markus 1 lees ons dat Jesus gedoop word en deur God aangekondig word as Sy Seun. Die Heilige Gees daal op Hom neer in die vorm van ‘n duif. Daarna lei die Gees Hom in die wildernis in vir 40 dae. Jesus word deur Satan versoek, maar Hy staan sterk in vertroue en word dan deur God se engele versorg. Daarna begin Hy preek.
 
William Mouser skryf die volgende oor Jesus se tyd in die wildernis:
Most meditations on Christ’s fasting in the wilderness treat his fast as if it were the cause of his weakness, thus exposing Him to the temptation of the Devil. Did it ever occur to you that Christ’s fasting was not a source of weakness, but a source of strength? I believe the fasting made Christ strong, in the same sense that Paul was speaking about in 1 Corinthians 9:27 – “But I discipline my body and bring it into subjection, lest, when I have preached to others, I myself should become disqualified.”
 
Jesus se 40 dae reis in die woestyn het Hom nader aan God gebring asook God se plan vir Sy lewe. Dit het Hom versterk vir Sy bediening en die pad van lyding wat voor Hom gelê het. So het God ‘n plan met jou lewe en wil Hy jou nader bring aan Hom en voorberei vir jou lewenspad.
 
Mag jy in hierdie volgende 40 dae nader aan Hom kom deur Sy Woord, gebed en vertroue.
 
Gebed:
Here, wees met my en elkeen naby my – lei ons, sterk ons, beskerm ons.
Here wees met elkeen wat hulself in ‘n stryd bevind – van versoeking tot die oorlog in Ukraine en Rusland – beskerm hul, sterk elkeen, lei groot en klein op U pad van verlossing.
Amen.

 
Andrè
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...