Ons behoefte aan 'konneksie' met mense in ons lewe.



Luister, so sê die Here wat jou geskep het...wat jou gevorm het...:  Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. (Jesaja 43:1)

Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. (Jeremia 29:11 )

 
God wil net die beste vir jou hê. Hy wil hê jy moet geluk, vreugde en sukses ervaar. Hy wil hê jy moet jou talente en gawes gebruik om ‘n vol en volkome lewe te leef. Hy wil hê jy moet naby Hom leef en Sy wil ken vir jou lewensreis. Hy het Sy Seun gestuur om aan jou Sy ewige erfenis te kom openbaar.
 
Ons leef egter in ‘n onvolmaakte wêreld. Daar is verskeie faktore wat ons lewens beïnvloed. Ons maak voortdurend keuses uit ons eie vrye wil. Sekere patrone word herhaal. Ons verander van opinie, beroepe en selfs verhoudinge, soms ten goede, ander kere ten koste van onsself.
 
Jesaja se woorde word bevestig deur Jeremia. Jou hoop in die ewige lewe is verbind aan jou keuses en verhouding met God vandag. Dit is jou en my verantwoordelikheid om eienaarskap van ons keuses te neem en na God se Woord en wil te leef. Dit kan beteken om jou pyn te erken; om te vergeef; om jou seer en hartseer te laat gaan; om versoening aan te neem; om opnuut te werk aan jou verhouding met God en met jouself.
 
Kyk na jou lewe deur God se oë en sien hoe lief Hy jou het.
Andre

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...