Nuwe Jaar bates
Ons wêreld en nuus word gedryf deur vooruitgang. Dit is kenmerkend van die tyd waarin ons leef dat die mens op winste en profyt ingestel is. 2022 het afgeskop met artikels van individue en maatskappye wat oor die afgelope twee jaar vooruitgegaan het. Op hierdie maatstaf blyk die kerk (en gelowiges) vêr agter te wees.
Maar die bate(s) van ons geloof lê op ‘n heel ander vlak. As gelowiges en mense by die kerk mekaar ‘n voorspoedige nuwe jaar toewens, het hulle iets totaal anders in gedagte: Mag jy in Christus, voor God, geregverdig wees en jy ‘n erfgenaam van die ewige lewe wees. Hierdie oortuiging en geloof plaas ons wins en profyt op ‘n heel ander maatstaf soos Jesus dit opsom in Matteus 22: 37-39:
“ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand...en... ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’”
(gedeeltelike erkenning Ds Piet van der Merwe)
Geseënde week en sien jou Sondag by ons eerste Erediens vir 2022.
Andre
Vorige Briewe
Wysheid oor die grysheid | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
Wese van goeie dade | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
Wees voorbereid | Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê.
More ...
|
|
| |
|