Ryp se perspektief


Teks: Psalm 147: 16-18
 

16  Hy gee sneeu so wit soos wol,
Hy strooi ryp uit soos as,
17 Hy laat dit haelstene reën.
Wie is bestand teen die koue wat Hy stuur?


Vanoggend het meeste van ons stil-stil wakker geword met ‘n wit laken van ryp oor die wêreld wat ons omring. Buite is dit vars en baie koel en daar moet seker gemaak word dat elke gesinslid voorbereid is vir die snerpende koue van die komende dag.
 
Wanneer ons die ryp van nader beskou en daaroor dink, ontdek ons die wonder van die koue. Dit het sonder geraas of gejuig die wêreld ingekleur en betower met die mooiste unieke ys-kristalle wat skitter in die oggend sonlig. Sonder agenda of pretensie speel dit ‘n integrale rol in die gesondheid van die natuur en voortbestaan van beide fauna en flora.
 
Soms voel die lewe soos ‘n koue wintersoggend waar die ryp wit lê op ons lewenspad. Dit is moeilik en laat ons weerloos voel teen die aanvoelbare koue. Psalm 147:18 sê...
 
18 Maar op sy bevel smelt alles weer;
as Hy die warm wind laat waai, dan loop die waters.


So kom die lente en somer aan. Dit is dan, meestal in retrospeksie, dat ons perspektief kry op die ryp wat ons ervaar het.

Andre

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...