Gemeente smaak


 
Teks: Lukas 1:35 – Die engel Gabriël sê aan Maria: Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek.
 
Lukas vertel dit so voorbeeldig terughoudend, dat ‘n mens nie met voorstellings moet kom om eiehandig die prentjie in te vul nie. Die Engel bring net die boodskap van wat gaan gebeur. Die werking van die Heilige Gees is en bly verborge. Uiterlik kan ‘n mens dit nie waarneem nie.
                                                                                         (Dr PB Boshoff)

God verwek self Sy Seun deur die Gees. God verskaf die Redder van die wêreld, deur Maria. Van nou af is Hy nie meer anders te bekend as God in Christus nie. Jesus is God se Woord aan ons.
 
Ons Verlosser is ‘n wonder van God. Die hemele getuig van Hom. Van heinde en vêrre word lof aan Hom gebring. Mense sien; word aangeraak; loop; word genees; hoor; word heel.
 
Dank Hom vir die Wonder wat HY aan jou geskenk het.

Sien jou by die Erediens.
 
Andrè
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...