'Harvest festival'



Teks: Jesus sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min.  Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.” (Matt 9:37-38)
 
In die noordelike halfrond is herfs amper sinoniem met 'Harvest'. Kerke, skole, 'foodbanks', ouers en kinders dra sakke kos rond om aan ander te gee as teken van hul “dankbaarheid” en dat hul wil uitdeel dit wat hulle in “oorvloed” het.
 
As Christene ken ons God se liefde en Almag. Hy is die Een wat beskik en bestuur; die Een wat versorg en voorsien; die Een wat lief het en vergeef; wat sterf en wat red. As kinders van God is “Harvest Fesitval” ‘n geleentheid om ons lewens opnuut te verbind aan Hom. Ons moet met honger oë na ons lewens-landerye kyk; met werk en moeite die oes inbring; met dankbaarheid dit gebruik en deel.
 
Bid tot ons Here dat Hy jou sal voed; jou sal inspan; jou sal stuur. Amen.
 
Seënwense,
Andre

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...