Doel van Speserye


Doel van speserye

Teks:  Matteus 5:13-16
                “Julle is die sout vir die aarde. . . . Julle is die lig vir die wêreld.”
 
 
Diane von Furstenberg het die volgende geskryf;

Jewelry is like the perfect spice – it always complements what’s already there.
 
Die woorde het my met ‘n nuwe bril na Matteus 5 laat kyk. Ons doel is nie om sout as hoof-bestanddeel te wees nie. Ons geloof in God is die basis van ons bestaan. Sy Heilige Gees is in en met ons. Ons taak as sout is om Hom en Sy goedheid deur ons lewens te beklemtoon. Ons doel is om die spieël vir God se lig van liefde, genade en verlossing te wees – dit moet uit ons reflekteer.
 
Om dit te kan doen, moet ons na Hom draai. Ons moet die sout wees tot Sy beskikking vir wanneer Hy ons benodig. Watter verligting om te weet – ons is in Sy diens en hoef nie self die lig te wees nie.
 
Smaakvolle week!
Andrè

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...