In Stryd met God


Teks: Job 19: 21-29

Om al jou besittings, jou kinders en jou gesondheid te verloor, is seker van die ergste dinge wat met enige mens kan gebeur. As jy nog daarby, soos Job, voel dat jy nie iets gedoen het om dit te verdien nie, is dit soveel erger. Om dan steeds jou geloof in God te hou, soos Job, is iets wat ons onsself moeilik kan voorstel.

Maar dit is geloof. Die 11de eeuse Hebreeuse digter, Salomon ben Gabirol bely dit so:

Daarom, al slaan U my, sal ek U vertrou. Want as U my onreinheid moes nagaan, sal ek van U na Uself moet vlug. Ek sal skuil van U toorn in U skaduwee. Aan die rante van U genade sal ek hang totdat U my genadig is.
 

Mag jy deur die genade van God, in staat wees om aan die rante van Sy genade te bly vashou. Al loop alles dan verkeerd, sal jy steeds Sy genade ervaar.
                                                                     (erkenning aan Annes Nel)
 
Gebed: Here, soms sukkel ek om U genade raak te sien. Bind my aan U rante deur U genade, in die redding van U Seun. Gees van God, hou my naby aan U, veral in my swakste oomblikke. Amen.
 
Geseënde en genadige week.
Andrè
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...