Tuinmaak en Geloof.


Rondom ons – binne die huis en buite in die tuin – is plante besig om te blom en groei. Hier en daar bespeur ons tekens wat die aanloop tot die einde van die somer wil aankondig, wat ons gedagtes neem na die volgende seisoen van tuinmaak. Daar is soveel dinge om oor te dink, dat ons dit baie keer oorweldigend vind.
 
In 1 Korintiërs 3:5-9 gebruik Paulus die plant-siklus om te getuig van sy geloof. “Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het (vers 6)”.  Net soos dit geld vir sade, plante en tuine, geld dit ook vir ons geloof, sowel as die geloof van ons kinders en die mense rondom ons. Ons kan plant en natmaak, maar God voorsien die groei.
 
Waar jy jou ookal vandag bevind en hoe jou lewens-tuin ookal daarna uitsien – weet en onthou – God voorsien die saad van geloof wat ons moet plant, en God voorsien die groei. Ons plant miskien 'n saadjie van geloof wat iemand anders sal natmaak terwyl hy langs die kinders of persoon loop wat ons ken. Ons vertrou op God om die geloof in ons kinders en ander te laat groei, net soos ons op God vertrou om ons saad in plante te laat groei.
 
Here God, dankie vir die saad van geloof. Wil U dit laat groei binne my, my kinders en ook in ander. Lei my om U wil te doen. Amen.  

Geseënde week.
Andrè

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...