Om die Hemel te proe.

 
Tema: Om die hemel te proe....

Teks: Romeine 8:23

ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook.
 
In die Ou Testament lees ons van die eersteling offer. Dit was ‘n teken dat die hele oes aan die Here behoort – ‘n geleentheid om die Here te dank vir Sy voorsiening. Wanneer Paulus die Gees die ‘eerste gawe’ noem, sê hy aan sy lesers: God gee aan julle die Heilige Gees as die eerste gawe van die oes. Wie die Gees van die Here ontvang het, het ‘n voorsmaak van die hemel gekry – hoe dit is om direk by God te wees (Annes Nel).
 
Ons weet – die wêreld waarin ons leef is gebroke. Dit is gevul met pyn, trane, dood, sonde en hartseer. Christene ly ook onder siekte, geweld, verlies en onsekerheid. Dit is belangrik om te onthou – God gee aan jou, Sy kinders, Sy Gees. Daarom verstaan gelowiges dat hierdie wêreld, lewe en uitdagings tydelik is. Dit is maar ‘n oomblik…’n sug…waarin die Gees van God ons versterk en lei na die ewige heerlikheid.
 
Kom kuier gerus Saterdag saam, vir ‘n eerste keer weer, in die gemeenskap van gelowiges.  Kom deel aan die smaak van God se Koninkryk. Geseënde week en hoop om jou Saterdag by die Bring-en-braai Piekniek te sien !
Andre
 
Gebed: Here God, dankie vir U Gees. Heilige Gees, help my om op te kyk, verby die kortstondige, om die ewige te sien en aan vas te hou. Amen.

Geseënde week.
Andrè

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...