Aanbidding met my lewenskleure.

 Teks: Psalm 95:6

1  Kom, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind,
2  laat ons na Hom toe gaan met lof, laat ons Hom toejuig met lofsange,
3  want die Here is die magtige God, die groot koning oor al die gode. . . .
6  Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper!
7  Hy is ons God en ons is sy volk, sy kudde, sy skape, deur sy hand versorg.

 
 
Psalm 95 beskryf die identiteit van die volk as die kudde van God. Dit begin met aanbidding en eindig in hulle opstand teen Moses (Eksodus 13:1-7) en die Here. Die volk het deurlopend vergeet “wie” hulle is as kinders van die Almagtige God.

Dit help nie mens aanbid die Here met jou mond; val op jou knieë voor Hom neer; en roep Hom aan as Vader, Herder, Versorger en Koning, as jy nie gehoorsaam na Sy stem luister nie. Aanbidding beteken om God se stem te hoor, gehoor te gee en Sy leiding te volg.
 
God het jou gemaak. Jou Here ken en roep jou. Jou Vader het jou sekere gawes gegee om Sy liefde en kleur met hierdie wêreld te deel – soos net jy dit kan doen. Jesus gee verskeie riglyne aan ons in die Evangelie. Dit is nou in jou hande om na die stem van Sy Heilige Gees te luister; gehoor te gee aan Sy opdrag(te); en die situasies en mense te identifiseer waar jy jou geloofskleure tot Sy eer kan uitskilder.
 
Geseënde week.
Andrè

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...