Om die kerk te wees wat God bedoel het.

 
Hebreërs 13:8 sê: 'Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.'
 
Ou gewoontes sterf moeilik af en dit is duidelik waar ons nou weer uit die grendelgreep kom. Ons leef in ‘n tyd en samelewing waar “nuut”, “beter”, “vinniger” en “nuutste”, mense se fokus en (byna) obsessie is. Voorbeelde hiervan is legio – selfone, rekenaars, televisies, klere, motors, ens.  Met elke nuwe weergawe of uitgawe, spring mense en staan hulle inlyn of om “een van die eerstes” te wees om die nuutste “ding” te kry.
 
Ons almal weet dat meeste dinge in die lewe ‘n rak-leeftyd het. Na ‘n sekere tydperk en hoeveelheid gebruik, gee dit die gees en moet daardie spesifieke item vervang word met iets nuuts. God is nie een van daardie “items of dinge” nie. So is Sy kerk ook nie. Jesus Christus is nie gebroke nie, Hy het opgestaan en lewe steeds. Ons hoef Hom nie regtemaak of te probeer vervang nie.
 
Daar word baie gepraat oor die “prestasies” van gemeentes, die indrukwekkendheid van hulle musiek- en ander bedienings, of hulle moderne en professionele kerkgeboue en aanlyn-eredienste. Maar om die Kerk van God te wees, het ons eintlik niks van die dinge nodig nie. Om die Kerk te wees wat God bedoel het met die uitstorting van Sy Gees, het ons eintlik net die basiese boustene nodig.

Ons het die Woord van God nodig, ‘n hart vir God, ‘n gehoorsame gemoed, en die behoefte om in Jesus se voetspore te volg.

                                              (verwerking van Darla Noble se woorde)
 
Gebed: Here, leer my U hart ken. Leer my U weë. Leer my U volg. Amen.

 
Sien jou Sondag by Huiskerk waar ons gaan praat oor Hoogte-vrees. 
 
Andrè

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...