Vooruitsig

 
Oor die afgelope klompie maande het ek saam met Menlyn Maine Gemeente in SA gewerk aan ‘n nuwe aanlyn projek vir 'die Kerk'. Ons het gepoog om elke dag ‘n kort video oordenking op 'YouTube' te plaas, om daagliks God se Woord na meer mense te bring. Met genade van Bo bereik die oordenkings daagliks honderde mense!

Ek wil jou vandag uitnooi om te luister na ‘n kort refleksie oor die vooruitsig wat God vir Sy kinders het. Ons twyfel soms oor God se plan met ons, maar Jeremia gee vir ons perspektief oor God se intensie op elkeen van ons se lewensreis. Ek het dit opgeneem tydens ons kampering in Somerset oor die Mei langnaweek. Lekker kyk en luister!

Ek wil jou uitnooi om vandag by 'die Kerk' se 'YouTube' blad te “subscribe” sodat jy ook elke oggend ‘n bietjie ekstra pitkos vir die dag kan inpak.
 
Geseënde week en sien jou Sondag by huiskerk.
 
Andrè

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...