Tyd om ....


Teks: Filippense 4:10-20

Een van die grootste euwels van ons tyd, wat groot skade aan gelowiges en hulle huisgesinne aanrig, is die gees van ontevredenheid. Ons is nie meer tevrede met wat ons besit of waar ons woon of hoe ons lyk nie. So word ons selfs ontevrede met wanneer dinge gebeur en lei ontevredenheid tot ongeduld, wat gewoonlik gevolg word met onwelvoeglike optrede.
 
Die Prediker sê vir ons elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd. Paulus sluit hierby aan deur te sê dat hy in alle omstandighede tevrede is. Al weet hy wat armoede, honger, gebrek, nood en lyding is, weet hy dat dit deel van die lewe is en dat God sal intree op die regte tyd en manier.
 
Om daagliks raak te sien dat God ons versorg met alles wat ons nodig het, spreek van dankbaarheid. Ons moet raaksien wat God aan ons in oorvloed skenk, om nie net onsself te versorg nie, maar ook na ander uit te reik en om hul te ondersteun en versterk. God gee aan ons ons daaglikse brood. …'my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus' (Fil4:19).
 
In tevrendenheid en aanvaarding lê daar baie lewensgeluk en vreugde.
 
Geseënde week.
Andre

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...