Die resultaat van 2020

Môre is 2020 verby. Dit was sekerlik die vreemdste en uniekste jaar van meeste van ons se lewens. Steeds kan ons nie anders as om op te weeg wat hierdie jaar gebeur het nie – ‘n “balansstaat” van wat ons gewen en verloor het nie. Baie van julle het groot verliese gely aan geliefdes, gesondheid en aardse goed. Ander het moontlik weer gewen, veral ten opsigte van tyd en perspektief op hulle lewensdoel.

Die grootste wins of verlies wat ons kan ly is rondom God se Woord. Ons lewens is armer indien God se Woord nie duidelik gesien en gehoor word in ons lewens nie. Dit beteken nie dat ons die Bybel op die bedkassie moet hou nie, maar dat die Woorde in ons harte moet ronddwaal en in ons lewens moet spreek. Dit kan net gebeur wanneer ons biddend tyd met Sy Woord spandeer.

In God se goedheid en genade word ons getroos en versterk met vrede oor ons verliese van die jaar. In God se voorsiening en seën word ons verryk met vreugde oor al ons winste van die jaar in God se genade. Jou verhouding met God gee blywende perspektief en waarde aan alles in jou lewe. Mag dit jou help om jou opgawe van 2020 te balanseer.

                            (gedeeltelike erkenning aan Ds PJ van der Merwe)
 
Voorspoedige Nuwe Jaar!
Andre

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...