God se Plan

Soveel keer het ons al gehoor mense sê: “God se plan en tyd is ‘anders’ as ons s’n”. Meeste van die tyd stem ons saam, al voel ons nie ons nie so nie.

Die Bybel gee ons insig hierin, want soveel keer gebeur dinge op God se tyd, waarvoor mense nog nie reg was nie.  In die verhaal van  Noag en die vloed, lees ons mense is gewaarsku, maar hulle het nie ag geslaan nie. Josef se verkoop as slaaf was sekerlik vir niemand goed op daardie tyd nie, maar wel vir Jakob en sy familie jare later. Dawid se salwing as koning het gepaard gegaan met jare as dienskeg vir Saul waarin Saul, Dawid se lewe vele kere probeer beeïndig het. Met Jesus se geboorte is dit ook nie anders nie – alhoewel die volheid van die tyd gekom het, was nie Betlehem, Israel, Maria of selfs die wêreld reg vir dit wat Hy kom bewerk het nie.

Advent is ‘n tyd vir ons om te beplan. ‘n Tyd om voor te berei vir die werklike betekenis van die koms van Jesus Christus. Die Seun van God het vir elkeen gekom – elkeen wat hoop, verwag, kyk, soek en glo. Almal is welkom om Sy ster te volg; die kindjie in die stal te besoek; om hulde te bring aan God en Sy tyd en plan te aanvaar.

 
Geseënde voorbereiding,
Andre

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...