Laat jou kers brand


‘n Nuwe grendel-greep. Ons staan voor ou uitdagings wat met hernude onsekerhede gevul is. Dit is winter, koud en nat. Dit is egter die afwesigheid van lig wat die duisternis in ons lewens inlaat.
 
Die duister van môre vul ons met ‘n warboel van gedagtes en emosies. Daar is geen skakelaar wat ‘n kits oplossing verskaf nie. Wat staan ons te doen? Daar is ‘n Chinese spreekwoord wat lui: Moenie die duisternis vervloek nie. Steek ‘n kers op. 
 
As Christene word ons geroep om deur ons lewe ‘n verandering te help bring. Efesiërs 5 roep ons om te leef as mense van die lig, want God se lig sal deur ons lewens ander mense aanraak en hulle help sien, want uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is.  Dit kan oornag gebeur, of kan selfs ‘n leeftyd neem.
 
So is duisternis nie die afwesigheid van lig nie, maar word duisternis die megafoon van God se lewenslig.
 
Sien jou Sondag in jou huis by Huiskerk.
Andre

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...