Jy is SY kind.


1 Korintiers 12:24-27
God het die liggaam so saamgestel dat Hy groter eer gegee het aan die lid wat eer kortkom, sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra… Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen 'n lid daarvan.
 
Goeie more Ena,
 
September maand is in volle swang en ons gemeente is nie enigsins anders nie. Soos die liggaam saamwerk om beweging vloeiend voort te bring, so werk verskeie lidmate saam om ons kerk se bediening te versterk en bevorder.
 
Komende Saterdag aand 19 September om 19:00 BST kuier ons almal saam na Mathys Roets. Dit beloof om ‘n spesiale en intieme vertoning te wees vanuit sy huis na jou huis. Volg die skakel en bespreek jou gesin se kaartjie! Reik uit en stuur die skakel aan na elkeen wat jy ken en vir wie jy weet dit betekenis mag inhou.
 
Sondag om 09:00 is Huiskerk waarin ons saam Nagmaal gaan vier. Ons gaan herdenk wat die liggaam en bloed van Christus vir elkeen van ons beteken. Ons wil jou en jou gesin uitnooi, en elkeen wat God erken as hulle Heer en lewendmaker, om te kom deel in sy goedheid en redding.
 
Elkeen van ons poog om ons nuwe normaliteit te vorm. Die gemeente se leierskap is voortdurend besig om die moontlikhede te ondersoek en te evalueer waarin ons as gemeente weer fisies saam kan kom om mekaar in die oë te kyk. Die kantoor hanteer die administratiewe en organisatoriese sake om te verseker dat ons kommunikasie en toerusting seepglad verloop. Elke liggaamslid – groot en klein – gaan daagliks die wêreld in om God se genade in liefde te gaan uitleef. Daarom begin ons ook volgende week met ons groepskuiers op Zoom – om belang te stel en mekaar te ondersteun waar ons kan. Hou asseblief jou korrespondensie (e-posse en sms’e) dop en reageer soos nodig. Ek sien uit om saam julle te kuier.
 
Dis ‘n voorreg om ons Here te dien. Dankie vir elkeen wat jou geloofsroeping hoor, aanvaar en ter harte neem. Jy is Sy kind; Sy liggaam; Sy smaak en lig.
 
Geseënde week.
André

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...