Kom tot rus

 
Teks: Psalm 62
 
Psalm 62 sê dat elke mens voor ‘n keuse staan. Gedurende ons lewens kan ons of op God of op mense vertrou.

Wanneer jy op mense vertrou, is dit soveel  keer ‘n waagstuk, want geen mens kan alles in hul eie lewe beheer nie. Mense is soos gras wat vergaan; gewigloos op ‘n skaal.

Daarteenoor is God soos ‘n rots – wie op Hom vertrou, het stewigheid en stabiliteit in sy of haar lewe, al is die lewe baie onseker. God is ‘n vaste punt in ons lewens. Hy is ‘n skuiling wanneer die storms van die lewe woed. Geen uitdaging is vir Hom te klein of te groot om aandag aan te gee nie. Daarom se vers 9: “Tell Him all your needs”.
 
God as rots, beteken nie dat die storms gaan wegbly nie. Die storms ruk voortdurend aan ons lewens-huise. Wanneer ons egter ons lewens-huise vas op Hom anker, te midde van die rukwinde, sal Hy steeds ons rots bly…onwankelbaar, seker en veilig.
 
GEBED: Here Rots vir my geslaan, laat my nie verlore gaan. Wees my heil en al my krag, tot U eer Heer elke dag. Amen
(met gedeeltelike erkenning aan Dr Annes Nel)
 
Seënwense en sien jou Sondag in jou huis.
Andre

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...