Om te rus

 

Teks: Hebreërs 4:1-11
 
Wanneer rus jy? Meeste van ons rus wanneer ons met vakansie gaan, of wanneer ons alles neersit en ontspan. So hoekom kom ons soms ‘moeg’ van vakansie af terug? Hoe is ek elke Maandag so moeg, na ‘n naweek van ‘rus’?

In die Bybel word rus dikwels gesien as die punt waar mense ‘n doel bereik het. Aan die einde van die Skepping rus God (Gen 2:2-3). Matteus verduidelik Jesus se woorde oor die Sabbat, en maak dit duidelik dat ware rus net by Jesus te vinde is (Matt 11:28). Daarom sê Hebreërs 4:10 “want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne.”

Die Bybel wil vir ons uitwys, dat ware rus slegs te vinde is in die vrede wat ons by God beleef. Rus is nie gekoppel aan een dag se ‘afskakeling’ nie, of die wegdoen van sekere take nie. Rus en Vrede loop hand-aan-hand met die werklikheid en sekerheid van ons Verlossing, en die wete dat ons nie oor die dag van môre moet bekommer nie.
                      (met gedeeltelike erkenning aan Dr Annes Nel)

 
GEBED:  Here, lei my na waters van rus. Gee my U vrede. Amen
 
Rustige week en sien jou Sondag by Huiskerk.
André

Seënwense
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...