Jesus se glorieryke hemelvaart. 


Die laaste keer wat die dissipels Christus sou sien, was op die Olyfberg met sy hemelvaart. Daar het Hy aan hulle die opdrag gegee om na al die nasies te gaan. Hulle moes dissipels gaan maak en die “goeie nuus (evangelie)” van vergifnis met almal gaan deel het. Hy het beloof om aan hulle die Heilige Gees te gee wat aan hulle die krag sou gee om te werk in sy Naam.

Daarna is Hy opgeneem na die Vader waar hulle bly staar het na die hemel.
 
Ek wonder soms of ons nog na die hemel staan en kyk? Hoor ons  Christus  se opdrag?
 
Gebed: 
 Dankie dat U in my glo en
vir U belofte om die goeie werk
wat u reeds in my begin het,
End uit te sien.
Maak my asseblief ‘n fontein vir U Heer.
‘n Fontein wat vir die mense om my
ook ‘n bron van U lewende water is.
 
Ons tema vir April is Paasfees. Aangeheg is 'n verwante Bybelstudie stuk.
Dit is bedoel vir jou persoonlike- of groep-studie. Luister hier na die preek
 
Geseënde week.
Andrè
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...