Ek is Nuut

 

Baie welkom!

 
Of jy nou nuut is in die Middellande, en of jy nou al vir jare hier bly, ons hoop ons kan al jou vrae beantwoord oor wie en wat ons is, en waarin ons glo. Hieronder is 'n paar sleutelpunte wat jou kan help daarmee, en indien jy nog enige ander vrae het, kontak ons gerus direk deur ons Kontak Ons bladsy.
 

Wanneer & waar is ons eredienste?


Ons hou elke eerste en derde Sondag van die maand om 10 vm ‘n diens by Alderbrook skool in Solihull. Ons kom bymekaar in ‘The Egde’. Die skool se ingang is in Blossomfield Road. (Die poskode neem jou na die agterkant van die skool.) Volg die pad verby die ontvangs, en draai links sodra jy verby die skoolgebou is. ‘The Egde’ is aan die onderkant van die parkeer area.

Die adres is:
Alderbrook School
Blossomfield Road
Solihull
B91 1SN

 

Wat kan ek verwag as ek daar aankom?


Sodra jy by ’The Edge’ instap,  sal ons Gasvryheid Span reg staan by die bedieningstoonbank  om jou met koffie of tee te bedien voor die diens begin. Hulle sal ook gereed wees om enige vrae te beantwoord.
Die eerste 20 min van die erediens word afgestaan aan, 'praise & worship' (liedjies sing) en  die kinders word bedien met die  Bybelverhaal wat handel oor hul Sondagskool Tema. Die kinders verdaag dan na hul Sondagskoolklasse.  Dit word gevolg deur verdere lofsang en die boodskap (+/- 30min) uit die Bybel wat gebring word deur ons leraar Andrè Harmzen.

Aan die einde van die preek sal daar geleentheid wees om jou dankoffer te gee .

Nadat Andrè die seën uitgespreek het, is dit gewoonte dat die mans help om die stoele op te pak en weg te bêre. Daarna kuier ons almal saam terwyl ons koffie en verversings geniet. 

 

Is daar 'n spesifieke 'dresscode'?


Glad nie!!! Wees net jouself en dra die klere waarin jy gemaklik voel.
 

Is daar enige kinderdiens fasiliteite?


Definitief! Ons het fasiliteite vir kinders van alle ouderdomme.  Kleuterkerk vir 0-5 jariges en kinderkerk vir 6-8 jr.  Junior en senior Sondagskool word aangebied vir die ouer kinders. Belydenis klasse word voor die erediens vir die Tieners aangebied. Vra gerus vir ons Gasvryheid span vir meer inligting hieroor wanneer jy by die kerk kom.  

Die veiligheid van ons kinders is ons eerste prioriteit, en daarom word alle oppassers op ons Kids Bediening ge-CRB check. Click hier vir meer inligting daaroor.
 

Kan ek Engels-sprekende vriende saamnooi?


Inderdaad! Al ons dienste is wel in Afrikaans, maar ons het 'n Vertaling Span wat die hele diens vertaal na Engels. So Engels-sprekende gaste kan by die deure oorfone optel waarmee hulle dan die diens in Engels kan luister. Ons poog ook om 50% Afrikaans, en 50% Engelse liedjies te sing tydens 'praise & worship' om almal te bedien.
 

Sal ek by die kerk moet aansluit?


Geensins!!

Voel vry om net te sit en waar te neem. Jy kan soveel deelneem soos wat dit vir jou gemaklik voel.