Dankoffer

Donate

 

"Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief." - 2 Kor 9:7


SA Gemeente, as 'n "registered charity" in die VK (charity number: 1151071), laat ons toe om Gift-Aid by die HMRC te eis - 25% van alle bydraes waar ons 'n Gift-Aid vorm van die bydraer (as 'n VK belastingbetaler) het. Die kos die bydraer niks en geen voordeel word verloor nie. Op jou persoonlike belastingopgawe (Tax reliefs - Charitable Giving) kan jy alle bydraes aan Charities toon wat dan met jou belastingberekening in aanmerking geneem word. Ons benodig slegs jou Gift-Aid vorm wat jy hier kan aflaai na jou rekenaar. Stuur die voltooide vorm aub na  bank@sagemeente.com


Die kerk is afhanklik van die lidmate om die werk van die Here hier op aarde voort te sit en daar is verskillende maniere om 'n finansiële bydrae te maak:

 

1. In die kollektebord

 

Vul asb 'n Gift Aid koevert in en sit jou dankoffer in die koevert in die kollektebord by 'n diens.


2. Aftrekorder of Direkte inbetaling in ons bankrekening

 

'n Ander maklike manier is om 'n aftrekorder ("Standing Order") vir jou maandelikse dankoffer op jou bankrekening op te stel met ons bank besonderhede:
 

Bank: HSBC
Account name: SA Congregation
Sort code: 40-22-05
Rekening nommer: 91374265
 

Stuur asb 'n epos aan die kerk se tesourier, Marlene, by bank@sagemeente.com en spesifiseer:

  • die bedrag
  • die rede vir inbetaling (bv Dankoffer, Gemeentekamp, Dankfees ens)
  • die wyk (kerk bedieningspunt) wat jy bywoon - Middellande
  • jou Volle Naam en Geboortedatum (slegs nodig indien jy in die VK tax betaal en ons Gift-aid mag terug eis)
  • jou Adres in die UK (slegs nodig indien jy in die UK tax betaal en ons gift-aid mag terug eis)

Ons het die bostaande inligting nodig om te sorg dat jou bydrae aan die regte wyk toegeken word en om Giftaid op jou bydrae te eis.


3. Elektronies by Give A Little


Ons gebruik Give A Little as 'n maklike manier om elektronies betalings te maak. 

Kliek hier om 'n enkel bydrae te maak vir SA Gemeente Middellande. Of "scan" die QR Kode:

Give A Little Middellande