Ons hulp deur die eeue.


Teks:  “Here, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag.”. – Psalm 90:1 (AFR83)
 
Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het.

Meer as 300 jaar gelede het Isaac Watts hierdie gedagtes uit Psalm 90 in 'n besonderse lied verwoord. Sy woorde herinner ons aan die verganklikheid van die lewe, maar veral aan die ewige trou van God.
Lees dit vandag rustig. Laat die woorde jou gedagtes terugneem, maar ook nuwe vertroue gee.
 
Our God, Our Help in Ages Past

Isaac Watts (1719) – oorspronklike Engelse teks, ses uitgesoekte strofes
Our God, our help in ages past,
Our hope for years to come,
Our shelter from the stormy blast,
And our eternal home.


Under the shadow of thy throne
Thy Saints have dwelt secure;
Sufficient is thine arm alone,
And our defence is sure.


Before the hills in order stood,
Or earth receiv'd her frame,
From everlasting thou art God,
To endless years the same.


A thousand ages in thy sight
Are like an ev'ning gone;
Short as the watch that ends the night,
Before the rising sun.


Time, like an ever-rolling stream,
Bears all his sons away;
They fly, forgotten, as a dream
Dies at the op'ning day.


Our God, our help in ages past,
Our hope for years to come,
Be thou our guard while troubles last,
And our eternal home.

 
Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
 
Gebed:
Here, dankie dat ons lewe, met al sy verandering en onsekerheid, veilig in u hande is. Leer ons om ons dae met wysheid te gebruik. Amen.

Geseënde week.
André

 

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...