Wysheid oor die grysheid.


Gedurende my kinderjare was daar baie min bejaardes. Vandag het die situasie verander. In winkels, op strate, in ons kerke is die witkoppe feitlik oral oorheersend. In ons dorpe en stede rondom ons skiet aftreeoorde en ouetehuise op soos paddastoele. As ons kyk na gemeentes se samestelling van lidmate (in SA en die UK), sou ons verwag dat die klem vandag in die kerklike bediening op bejaardesorg sou val. In baie gemeentes gebeur dit. In baie gevalle word feitlik niks in hierdie verband gedoen nie.

Die behoeftes van bejaardes is egter meer as net finansieel. Baie bejaardes voel die woorde van Prediker 12 aan die lyf: hande bewe, bene beweeg moeilik, kan nie meer behoorlik kou nie, oë moet twee maal kyk om te sien, hande is altyd by die ore om goed te kan hoor, stem is dof, slaap is min. Hierdie feitlik opgebruikte liggaamsdele veroorsaak dat die ou mensies bang en onseker is oor feitlik al die aspekte van die lewe. Daarby dra talle die smart oor die verlies van ’n lewensmaat, oor kinders en kleinkinders en vriende wat nie meer daar is nie of ver in ’n ander land woon. Dan is daar ook nog die onsekerheid oor en die vrees vir die daagliks veranderende samelewing met politieke ontstuimigheid, en by dit alles die dood wat nader is as ooit tevore. 

Mag dít nooit van ons gesê word nie: Julle het my verwerp toe ek oud geword het, my alleen gelaat toe my kragte ingegee het (Ps 71: 9 en 10). 
                                    (erkenning aan Prof Bieks Beukes (Emeritus))
Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
My lewe het eenmaal waarde en sin gehad.
Ek het gewerk, gelei, invloed uitgeoefen.
Wat ek gedoen het, skuif weg, al hoe verder weg.
Ek bid U, bewaar my van bitterheid,
Van die drang om my kennis en my kranigheid te bewys,
Van die gevaar om te sê dit was alles reg.
Ek wil leer om te laat los.
Ek wil my op niks anders as u goedheid verlaat nie.
Laat U my nie los nie!
Amen.
                                           Jörg Zink (Uit: ’n Keur van wysheid, Nina Smit, 2004)

Andre

E-pos: andre@sagemeente.com
Selfoon nommer:078 4102 9307
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...