Betekenis van Liefde.


Vandag is Valentynsdag en die lirieke van die verlede klink in ons ore of geheue –  
Love is in the air, everywhere I look around
Love is in the air, every sight and every sound
And I don't know if I'm being foolish
Don't know if I'm being wise…

In ons jeug was die ervaring van liefde so intens, dit het alles oorweldig en deurtrek. In ons volwassenheid het die klem verskuif vanaf being foolish na being wise. Die vraag is alhoewel – waarop is ons liefdes-wysheid gebou?

1 Korintiërs 13 kulmineer met die woorde : geloof, hoop en liefde bly…en die grootste hiervan is die liefde! Paulus verduidelik dat ons in verhoudings glo in mekaar se potensiaal; ons hoop dat my geliefde dit sal bereik; en ek doen dit uit my liefde vir die ander. Na alles bereik en behaal is, sal die geloof en die hoop voltooi wees, maar die liefde bly staan. So is ons liefde vir ons vriende, familie; ons kinders; my man of vrou. So is God se liefde ook vir jou.

Ons tema vir Februarie is Verhoudings. Aangeheg is 'n verwante Bybelstudie stuk. Dit is bedoel vir jou persoonlike- of groep-studie. Gaan luister hier na die preek.
   
Geseënde Valentynsdag, 
Andrè


 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...